Duisende dankies ♥

12

Hierdie hele opknappings projek van Bergbruidjie was nie net ‘n afstof en skieluk het daar ‘n nuwe website met produkte gestaan nie. Dit was ‘n baie challenging projek vir my, groot leerskool en amazing journey.

Dit is met trane van dankbaarheid en ‘n baie groot tevrede gevoel wat ek nou hier voor my rekenaar inskuif om die oomblik van waarheid te probeer verwoord.

My dankie’s skiet baie ver te kort as ek vir die mense wat my hiermee gehelp het wil sê wat hulle liefde, geduld en commitment tot my projek vir my beteken het. Verlede jaar Desember het ek stilweg gedroom om vir Bergbruidjie se 3 jaar herdenking, ‘n nuwe blaaitjie vir haar om te slaan. ‘n Nuwe look-and-feel & aanlyn winkel is toe gladnie so eenvoudig soos ek in my kop gedink het dit gaan wees nie.

Duisend dankies aan my kleinsus wat te midde van haar M graad in Illustrasie vir my die mooiste ontwerpe wat ek nog ooit gesien het geteken het. Sy is so blerrie talentvol en goed met wat sy doen. Ek het nie juis vir haar enige informasie gegee om mee te werk nie. Net gesê verras my…. En ek staan steeds verras en verbaas, elke liewer keer as ek na my mooiste nuwe ontwerpe loer.

Vir Ben van Webengineers moet ek ‘n standbeeld oprig. My projek was ‘n lang en uitgerekte een, maar ek het soveel waardering vir die laat aande se Teamviewer screen shares en WhatsApp calls sodat ek kon leer hoe om baie van die Website se informasie self te laai en die proses dus vir my makliker sou wees !

My suppliers en collaborations mensies – lief julle baie en dit is nie net ‘n voorreg om saam julle te werk nie, dit is super spesiaal. Dankie aan Kira van Kira Jewelry, Williem van Burgundy Collective, Roche van Photoblox, Brendan van Mosstuff, Marlene van Cakegoed.

Die 3 manne wat verantwoordelik was vir die mooimaak is Nelis van Nelis Engelbrecht Photography, Jac Williams van Man Makes a Picture  vir die video footage en Alan Hayward vir die edit. Ek love hoe stunning my website lyk met julle werk wat julle verrig het. Ek beveel hierdie manne ten sterkste aan.

Suzanne van Skoonlief vir die mooiste modelle, hare en make-up! Ek en Suzanne was saam in die klas in matriek. Nooit gedink ons gaan jare later saamwerk in die Trou industrie nie! Net spesiaal verby!

Dankie aan Paul en Emma wat gehelp het dat ek vinniger kon launch as wat ek sou, want een mens se kapasiteit het ook grense.

My nefies Beneke en Tiaan, vir al jul liefde en vriendskap en ‘n sleutel tot ‘n huisie waar die stad se liggies skyn – sonder my ekstra huisie sou Bergbruidjie ‘n groter challenge gewees het.

‘n Ma en Pa wat my grootgemaak het met die wete dat ‘n Fourie vir niks agteruit hoef te staan nie, ‘n projek klaarmaak waarmee jy begin het en dat dit mens gelukkiger maak om te gee as om te ontvang. Die 2 onbaatsugtigste siele op hierdie aarde. Hulle kry die eerste 2 stoele eendag in die Hemel. Genoeg wonderlike lewenslesse om my vir altyd by te bly en elke dag wat ons nie by mekaar is nie oneindig na julle te laat verlang.

Driesie en Charlotte kry spesiale vermelding. Hulle huis is my huis, hulle kinders is my kinders, hulle is my stewige pilare in my lewe… en my veilige hawe.

Die res van my liefste familie en vriende – julle is ook seker nou dankbaar dat ek nie meer oor Bergbruidjie se launch hoef te praat nie…nou is dit kop af en dryf en die oomblik geniet!As ek elkeen wat vir my en Bergbruidjie spesiaal is by die naam sou noem sal die lysie nooit ophou nie.

Dankie vir my Hemelse Vader wie se Genade en Liefde meer is as wat my kop kan dink…

En laastens sê ek dankie vir my Gunsteling mens en my twee besties, Annegret & Tania. Julle drie weet wanneer daar eintlik ‘n traan agter my glimlag is, wat my staande hou as ek eintlik voel ek wil omval, wat my inspireer om my droom te leef soos julle doen, en wat my liefhet vir die mal-entoesiastiese-mens wat ek is.

As jy tot hier gelees het wil ek maar net byvoeg. Geniet my mooiste Bergbruidjie saam met my en vertel vir almal wat julle ken van haar!

Minki

xxx

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.