Vir die liefde van ‘n Bergbruidjie

40 Jaar gelede was “Bergbruidjies” my ouers se trou blomme. Ek dink tot vandag dat dit die mooiste blom op aarde is en laat nie ‘n geleentheid verby gaan om ‘n bos in my huis te hê gedurende die tyd wat hulle blom nie…
Ek het in 2012 besluit om ‘n besigheid te begin deur my kreatiewe idees te kombineer met my bemarkings kennis. Die idee was om in die Wynlande met Bruide te werk, so “Bergbruidjie” was ‘n tweeledige naam vir my besigheid in die troubedryf. Tot vandag verskaf sy vir my baie uitdagings, maar ook baie vreugdes!
Hierdie klein snippie was eers my baba, toe my pop waarmee ek gespeel het en vandag is sy ‘n kleinsus 1000! Wie sou ooit kon raai dat sy die een sou wees wat al my mooiste ontwerpe vir Bergbruidjie teken. Is sy nie net super talentvol nie!
In September die jaar het ek en my goeie vriendin Tania Calldo van Tania Calldo Photography ‘n paar stunning foto’s geneem van Bergbruidjies vir die nuwe website! Loer gerus na haar werk en bespreek haar vir jou troue. Sy is in Swellendam woonagtig, maar haar kar se wiele hou van in die rondte draai as jy elders trou.